
Eet Minder Leef Langer - 'n Gids Vir Kalorie Beperking Met Optimale Voeding
Tydens my derde jaar in die mediese skool, het ek op ‘n aanlyn artikel afgekom oor kalorie beperking met optimale voeding. Ek het gelees oor ‘n oënskynlik eenvoudige dieët ingryping wat die gemiddelde en maksimale lewensduur van laboratorium diere soos gis, vrugte vlieë, wurms en muise verleng het. Op daardie tydstip was ek nie bewus dat sulke eksperimente reeds gedoen word op nie-menslike primate ook nie.
Eerlikwaar, ek het afgemaak as nuuskierigheid, ‘n ingryping wat ‘n effek het op eenvoudige organismes soos vrugte vlieë, maar wat nooit op sulke komplekse wesens soos ons sal werk nie. Dit was net te goed om waar te wees.
Tyd het verby gegaan en my verkeerd bewys. Gegewe ‘n vroeë kindertyd fassinasie met die grense van lewens verlenging, het ek ingenieurswese en medisyne gestudeer in ‘n poging om radikale verlengde menslike lewensduur te bewerkstellig. Na ‘n kort rukkie van navorsing oor neurale prostese in ‘n Duitse laboratorium, het ek besef dat kunsmatig ingeplante toestelle binne in die menslike liggaam nie ‘n lang termyn oplossing was nie.
Ek het huis toe gekom waar ek met my mediese residensie in geriatries begin het, die tak van medisyne wat spesialiseer in ouderdom-geassosieerde siektes. ‘n Snaakse ding het toe gebeur. Om te lees oor teorieë van oud word is een ding. Daaglikse sorg vir mense 3 – 4 keer jou ouderdom is totaal ‘n ander ding en ek het begin om die kolletjies te verbind.
Ek het opgelet dat sommige mense verouder soos wyn en ander soos asyn. Volgens hulle maer liggaamstrukture en gedetailleerde lewens stories, het dit gelyk asof kalorie inname iets daarmee te doen gehad het. Dis hoe ek die eerste woorde van hierdie boek begin tik het.
Inhoudsopgawe
Inleiding
- Basiese Beginsels Van Kalorie Beperking Met Optimale Voeding
- Wat U Nie In Hierdie Boek Sal Vind Nie
- Hoe Behoort U Die Boek Te Gebruik?
Minder Is Meer Vir Knaagdiere. Is Dit Dieselfde Vir Mense?
- Indikasies En Kontraïndikasies Van Kalorie Beperking Met Optimale Voeding
- Mediese Toetse Vir Monitering Van Kalorie Beperking Met Optimale Voeding
Hoe Kies U Kwaliteit Kosse?
- Waar Om Kwaliteit Kosse Te Soek
- Wanneer Uiterlike U Kan Flous
Watter Kos Keuses Verskaf Die Meeste Nutriënte Vir Die Minste Hoeveelheid Kalorieë?
- Drankies
- Die Smoothie Formule
- Die Vreugdes Van Groente
- Die Basiese Sop
- Die Wonders Van Viseiers
- Hoe Om Vis Te Bedien
- Sushi – Die Perfekte Oseaan Kos
- Eetbare Sampioene
- Patees, Doopsouse En Smere
- Dierlike Produkte En Afval
- ‘n Klein Gids Tot Kulinêre Kruie En Speserye
- Die Gerief Van Kruie Tee
- Nageregte
- Rou Veganiese Koek
- Uiteet Met Kalorie Beperking
Hoe Om Kwaliteit Bestanddele In Ongelooflike Disse Te Verander
- Waar Kan U Voedsame Lae Kalorie Resepte Soek?
- Kookgerei Of Gereedskap Van Die Kuns
Kalorie Beperking Oor Die Langtermyn
- Die Oppe En Affe Van Vasting
- Hoe Om Kalorie Beperking Te Implementeer As ‘n Voltydse Professioneel
- Die Praktiese Kruideniersware Lys
Hoe Om Dieet Supplemente Te Kies
Is Daar Alternatiewe Vir Kalorie Beperking?
Die Einde
Erkennings
Bibliografie




